Met hierdie prentjie wat vassteek in jou gemoed, vertrek ons met die groot bus na Nona Rosa, sowat 25 minute se ry uit Heidelberg - neus Witsand se kant toe! Dis baie droog, amper onwerklik. Met die aankoms daar, spring die kinders aan die werk, om tente op te slaan en ‘n lêplek vir die kop te maak. Die twee kampleiers word bekendgestel en dis amper of ons hulle al so lankal ken. Koffie moet gemaak word - ‘n vuurtjie word aangeslaan en sie-daar, die swart keteltjie sing...(die hele naweek aanmekaar)...so al geselsend begin die aktiwiteite in plek val en die skemer daal neer op Nona Rosa...Dit gaan nie vanaand reën nie. Dit is bewolk, maar die water gaan nie nou-al gegiet word nie. Warmbrakke word gemaak en die kinders smul heerlik daaraan. Almal ken nou almal. Marius het gesorg dat die kampterrein baie netjies is, met die nuutste ontwikkeling daarby, is die kinders verlief op hierdie plekkie - sommiges vir die eerste keer - nou werklik jammer vir die verspeelde geleenthede van die verlede. Die meeste was nog nooit daar nie.
WAAR IS JESUS?
Raymond Gildenhuys en Alfred Rademan lei die gesprekke en daar kan aangevoel word, dat hulle begeesterd is in dit wat hulle doen. Die kinders geniet die sessies wat gepaard gaan met sang en ghitaarbegeleiding.
HOE GROOT IS ONS GOD!
Na ‘n heerlike stap in die amper donker, word daar vir oulaas gesels en gedagtes uitgeruil voordat, na ‘n lang dag, ‘n rusplek gevind word - so hier en daar is daar ‘n knapie wat nie weet wat kamp is nie...!
Saterdagoggend met ‘n stille ontluiking van ‘n nuwe dag, begin die aktiwiteite met oggendstilte... al dié stilte gehoor?
Die dag is besonders... verloop glad ... die skemer kom nader - die vuurtjie knetter en die veraf gelag, gesels van tevrede kinders, maak jou hart klóp, van opgewondenheid. Kinders is en bly áltyd honger. Veral na Alfred gevra het vir 2 werkers, om hom die oggend te help om die skape - syne, kos te gee, kom daar 18 paar gewillige hande en gou-gou is hierdie uitstappie verby en die skape blêr tevrede, so met die wegry van die bakkies. Ons Michelle het dit so geniet - so goed dat sy saamgegaan het. O ja, toe kom die maan op - en het hy opgekom...en wie sou dit als gemaak het... Dis Jesus, ja dis Hy!
WAAR IS DIE HEILIGE GEES?
Sommer hier binne-in jou... Saterdagaand word na vol mae gebraaide hoender, sjokolade koek, aartappelslaai, appels, sap en, en, en, en, afgesluit met lofprysing. Moenie die roosterkoek vergeet nie. "Dit borrel in my". So sê hulle en wil dit nou kom voortsit by die skool. Die oppak is en was seker nog nooit lekker nie. Sondagoggend is daar baie vroeg geroei met opruiming en voorbereiding om terug te keer. Anita was so gaaf om ons Vrydag weg te neem en weer Sondag te kom haal. Baie dankie. Die naweek is afgesluit met die bywoning van die tekkiediens by die kerk - deur Raymond en Alfred. Die kinders het baie spesiaal gevoel, deurdat die diens grootliks op die naweek se gebeure en temas geskoei was. Die kinders vra baie mooi, om die kalender te raadpleeg vir nog ‘n algemene kamp in die derde kwartaal.
WEER TE NONA ROSAMet groot dank dan aan almal wat dit moontlik gemaak het, sodat die kinders hierdie naweek “gevul” kon word.Lourens se insette en beplanning, Anita met vervoer, Michelle vir teenwoordigheid en hulp, Raymond en Alfred, Marius en elke kind wat dit geniet het. Tot volgende keer dan. Vrede vir elkeen met Jesus hier binne-in ons.
.jpg)
Opgewonde kampeerders by Nona Rosa