Update
HESSEQUA NUUS - 'n Saak van strafbare manslag is geopen na 'n toeris van Jordanië Vrydagaand, 6 Maart om ongeveer 19:00 dood is toe die Uber waarin hy en nog vier toeriste gereis het, die pad verlaat en gerol het.
Volgens inligting verskaf deur kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie, het die voorval ongeveer 12km voor Albertinia vanaf Riversdal gebeur.
Die Toyota Avanza se band het blykbaar gebars en die Uber-bestuurder het beheer oor die voertuig verloor.
Abdullah Omar Abdel Alomari wat op 1 April sy 23ste verjaarsdag sou herdenk is op die toneel dood verklaar.
Die ander insittendes het minder ernstige beserings opgedoen en is na Riversdal-hospitaal geneem vir behandeling. Dit is onbekend of hulle reeds ontslaan is.
Die ondersoekbeampte in die saak is speursersant R Jantjies van Albertinia-polisie.
Vorige artikel: Albertinia-pad eis nog 'n lewe
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'