HESSEQUA NUUS - ‘n Toeris is Vrydagaand, 6 Maart om ongeveer 19:00 dood toe hy en vier ander toeriste met ‘n Uber op die N2 tussen Albertinia en Riversdal gereis het.
Volgens inligting verskaf deur kapt Susan Botha, stasiebevelvoerder van Albertinia-polisie, het die voorval ongeveer 12 km voor Albertinia gebeur.
Die Toyota Avanza se band het gebars en die Uber-bestuurder het beheer oor die voertuig verloor. Dit het die pad verlaat en gerol.
Die ander insittendes het minder ernstige beserings opgedoen en is na Riversdal-hospitaal geneem vir behandeling.
‘n Saak van strafbare mansslag word ondersoek.