HESSEQUA NUUS - Die DA-premierskandidaat vir die Wes-Kaap, Alan Winde, het Maandag 4 Maart Heidelberg, Slangrivier en Witsand besoek.
In Heidelberg en Slangrivier het Winde verskeie inwoners aan huis besoek en na hulle bekommernis en behoeftes geluister, maar ook na hul begeertes en drome vir 'n beter Suid-Afrika en toekoms.
In Witsand-gemeenskapsaal het hy aan die teenwoordiges genoem dat die drie belangrikste fokuspunte waarop hy as premier van die Wes-Kaap hom gaan toespits, is die bekamping en voorkoming van misdaad en dat die gesag van die polisiediens na provinsiale vlak afgewentel moet word; die daarstelling van openbare vervoer wat veilig en betroubaar is en die beskikbaarheid van elektrisiteit en dat munisipaliteite krag van onafhanklike kragvoorsieners buiten Eskom kan aankoop.
In 'n vraag en antwoordsessie is verskeie kwessies aangeraak, waaronder behuising, ontwikkeling van landelike gemeenskap en dienslewering.
Van links: LPP Denis Joseph (DA Hessequa-kiesafdeling), rdl. Grant Riddels, minister Alan Winde, LP Jaco Londt (voorsitter van DA, Oosstreek, Wes-Kaap) en inwoners van Heidelberg.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'