Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Raymond Saayman, passievolle aktivis vir kinderregte op Heidelberg het Vrydag, 24 Desember sy jaarlikse fondsinsamelingsfunksie gehou.
Saayman en 'n groep vrywilligers bedryf 'n sopkombuis vanaf sy huis in Nerinalaan vir die afgelope 30 jaar.
“Die jaarlikse aksie word nie slegs geloods om geld te in nie, maar ook om bewusmaking van kinderregte by verbygaande motoriste en plaaslike inwoners te kweek,” het Saayman, 'n diep gelowige vader en oupa gesê.
Belangstellendes wat meer inligting verlang of 'n skenking wil maak, kan Saayman skakel (062 403 2373).
Video: Aktivis woeker vir bewusmaking
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'