STILBAAI NUUS - Vier dansertjies van die Anwyn's Acro Dance Academy het op Saterdag 30 Julie by die Brugmark in Stilbaai toeskouers in vervoering gehad met hul akrobatiese danspassies.
Dié dansakademie bestaan al sedert 2017 en Anwyn Winterbach het met haar dansers al vele suksesse gesmaak, onder andere deur die Wes-Kaap te verteenwoordig in die tweede en derde seisoene van Kyknet se "Dans in jou Taal."
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'