Update
HEIDELBERG NUUS - Jeuglede van die AGS-Oos-gemeente het Vrydagaand 7 Februarie aan 'n Bidloop, of Prayer Walk deelgeneem.
Hulle het saam met jeugleier Synthia Lotz by verskeie plekke in die Oos-dorp aangegaan en jeugdiges vir Jesus 'opgeëis'.
Past. Albert Cloete en sy vrou, Christel van Melkhoutfontein het hulle vergesel. Die egpaar, albei voormalige polisie-offisiere, spits hulle na ses dekades in die polisie daarop toe om veral jeugdiges en vroue te bearbei.
Volgens Lotz het baie mense uit hul huise gekom om die gebede by te woon. Sy sê die jeugdiges het self die inisiatief geneem omdat hulle die gemeenskap se noodkreet gehoor en besluit het om iets daadwerklik te doen. "Ons as jeug besef dat ons mense die Here nodig het en Jesus die enigste oplossing vir ons probleme is." Sy het 'n beroep op jeugdiges wat ledig is gedoen om by hulle aan te sluit.
Die AGS-jeuglede het die Bidloop meegemaak. Foto: Clive Pretorius, korrespondent
Vorige artikel: AGS-Jeug onderneem bidloop
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'