HEIDELBERG NUUS - Jeuglede van die AGS-Oos-gemeente op Heidelberg het Vrydagaand 7 Februarie aan ’n bidloop (Prayer Walk) deelgeneem.
Onder leiding van Synthia Lotz het hulle by verskeie plekke in die Oos-dorp vir mense wat by hulle aangesluit het, gebid.
“Die aksie is die jeug se eie inisiatief,” sê sy.
Die groep jeugdiges van die Heidelberg AGS-gemeente het uitgereik na die gemeenskap.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'