Dié burgerregte-organisasie het vroeër hierdie jaar die tak gestig, maar was onaktief totdat meer as vyftig lede in Augustus aangesluit het.
Evert Bouwer is tydens die stigtingsvergadering as takvoorsitter van die AfriForum Hessequa/Stilbaai-tak verkies.
Ander bestuurslede is Willie Scheepers (penningmeester), Kosie Sauerman (onder-voorsitter) en Chris Nezar (sekretaris).
“Dit is verblydend om te sien dat mense van die gemeenskap bereid is om betrokke te raak. Ek wil die gemeenskap van die Hessequa-distrik bedank vir hul bereidwilligheid om ’n verskil te maak,” sê Stefan Pretorius, AfriForum se provinsiale koördineerder in die Wes-Kaap.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.

Die AfriForum bestuur van die Hessequa/Stilbaai-tak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'