Met die klimaatsverandering ’n realiteit in ons midde en die bewaring van veral ons skaars waterbronne so noodsaaklik is dit verblydend dat die nasionale regering die voortou neem om bewusmaking die jeug, veral, aan te wakker. Saterdag, 10 Maart, het die departement waterwese in samewerking met die Eden distriks munisipaliteit asook die Hessequa munisipaliteit leerders van verskeie skole in die Hessequa streek, op ’n opvoedkundige toer by al die waterfasiliteite in die streek geneem.
Dié toer het deel uitgemaak van die nasionale Water Week vieringe. Die tema vir die week "Respect, Conserve and Enjoy Water" saam met "Water is Life" is deurgaans tydens die besoek aan die plaaslike rioolwerke in dié dorp asook die nabygeleë Duivenhoksrivier, aan die leerders beklemtoon.
Die leerders is ook by die rivier ingelig oor die verskillende waterspesies en die belangrikheid van elke spesie se oorlewing in die rivier. Volgens mnr. John Roberts, Opvangsbestuurder: Gouritz Waterbestuursarea, is die volhoubaarheid en bewaring van ons waterbronne nou eers van kritieke belang vir die Hessequa streek aangesien klimaatsverandering so ’n groot rol speel in die beskikbaarheid van dié kosbare bron. Roberts het verder gemaan dat elke inwoner ’n verantwoordelikheid het om spaarsamig met water te werk. "Inwoners sal moet leer om water te herwin deur verskeie opsies by hul huise veral toe te pas".
Die leerders is deur die rioolwerke geneem en by elke afdeling haarfyn ingelig oor die verskeie take wat elke afdeling verrig.nhoksrivier ingelig oor die rol van die verskeie waterspesies.

Die groep leerders van Gerrit du Plessis Senior Sekondêre skool en Kairos Senior Sekondêre skool het die opvoedkunidge uitstappie tydens Waterweek veringe terdeë geniet.
ARTIKEL EN FOTO'S: CLIVE PRETORIUS