ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia was Saterdag 2 September behoorlik in alle kleure van die reënboog getooi tydens die 'Superfine Pigment Colours Colour Run/Walk' wat daar plaasgevind het.
Die 5 km pretstap het by die skool se rugbyveld begin en geëindig.
Die skool bedank al hul borge wat hul ondersteun het, asook die verkeersdepartement, die skoonmaker, almal wat stalletjies gehad het en in besonder vir Annelie Booyens.
Dié geleentheid was om geld vir die skool in te samel.
ARTIKEL EN FOTO'S: HEINRICH FORTUIN, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'