STILBAAI NUUS - Die 91-jarige Mossie Mostert van Stilbaai is Maandag 10 Oktober oorlede, 36 dae nadat sy vrou, Joy, gesterf het.
Hy het Maandagoggend nog, soos wat hy die afgelope meer as 20 jaar gedoen het, gimnasium toe gegaan vir 'n uur se oefening toe hy aan die einde van die sessie inmekaargesak en gesterf het.
Ten minste was dit op die plek waar hy op sy gelukkigste was.
LEES MEER: Joy Mostert oorlede
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'