WES-KAAP NUUS - Die vlug van die ooievaar op Kersdag is steeds ‘n geheim. Dis wel bekend dat gesondheidsdiente geen geboortes binne die Hessqua-streek se Riversdal-hospitaal bedieningsgebied aangemeld het nie, maar binne die Kaapse Metros het 85 nuwe asems hul eerste lug geskep.
“Geen Kersbabas is gister (25 Desember) by Riversdal-hospitaal gebore nie,” het Nadia Ferreira, kommunikasiebeampte vir die Wes-Kaapse departement gesondheid vanoggend gesê.
Ferreira se kollega, Roché Burtlet het vanmiddag bevestig dat 85 babas, waarvan 43 seuntjies en 42 dogtertjies hul eerste lig op Kersdag binne die Metroraad gesien het.
Die eerste baba het “middernag mooi” dopgehou en is om 12:00 gebore.
Dit is nog onbekend in watter mediese fasilititeite binne die Metroraad die babas gebore is, maar in die Hessegua-streek blyk dit of die inperking sedert Maart sy gewenste uitwerking gehad het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'