HEIDELBERG NUUS - Pieter en Susan Sylvester van Heidelberg het Maandag, 20 Desember hul 50ste huweliksherdenking gevier.
Hulle was in 1971 deur wyle eerw JF Neumann in die oorspronklike Congregational Kerk in Van Riebeeckstraat in die huwelik bevestig.
Hulle is diep gelowig en glo vas dat hul Christelike oortuigings en respek vir mekaar die groot bestandeel vir hul wenresep van 'n gelukkige huweliksverhouding is.
Volgens albei is dit ook baie belangrik dat jy nie jou komvandaan moet vergeet nie.
Die egpaar het drie dogters en drie kleinkinders.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'