SUID-KAAP NUUS - Vir die eerste keer in sy geskiedenis het Group Editors Co. (Pty) Ltd. 'n kompetisie vir die joernaliste van al sy koerante aangebied met nege afdelings waarin meegeding kon word.
Die wenners is tydens die groep se jaareindfunksie op Wilderness op Vrydag 23 November aangekondig. Nicole Rimbault, bedryfsdirekteur van Group Editors en hoofbestuurder van Caxton digitaal het die oorhandigings gedoen.
Suid-Kaap Forum het vyf toekennings gekry, waaronder twee eerste plekke, twee tweede plekke en een derde plek.
Toekennings
- Nuusfoto van die jaar - 1. Michelle Pienaar (George Herald); 2. San-Marié Cronjé (Suid-Kaap Forum); 3. Kristy Kolberg (George Herald).
- Sportfoto van die jaar - 1. Hugo Redelinghuys; 2. Kristy Kolberg; 3. Hugo Redelinghuys (George Herald).
- Beste impakstorie van die jaar - 1. Wilma Adamson (Suid-Kaap Forum); 2. Nickey le Roux (Mosselbaai Advertiser); 3. Michelle Pienaar.
- Beste gemeenskapstorie van die jaar - 1. Michelle Pienaar; 2. Cornelle Carstens (Mosselbaai Advertiser); 3. Louise Karsten (Mosselbaai Advertiser).
- Beste harde nuus storie van die jaar - 1. Kristy Kolberg; 2. Liezl van Niekerk (Oudtshoorn Courant); 3. Michelle Pienaar.
- Beste opskrif by 'n berig - 1. Michelle Pienaar; 2. Hannes Visser (Oudtshoorn Courant). 3. San-Marié Cronjé (Suid-Kaap Forum). Beste gereelde kolom of blog - Cornelle Carstens; 2. Hannes Visser; 3. Zolani Sinxo.
- Beste voorblad - 1. Lizette da Silva (George Herald); 2. Wilma Adamson (Suid-Kaap Forum). 3. Hannes Visser.
- Beste aanlynbydraer deur die jaar - Wilma Adamson (Suid-Kaap Forum).
- Joernalis van die jaar - 1. Michelle Pienaar (George Herald); 2. Kristy Kolberg (George Herald); 3. Nickey le Roux (Mosselbaai Advertiser).
Die loon op 'n jaar se werk. San-Marié Cronjé (joernalis) en Wilma Adamson (redakteur) spog met die toekennings wat hulle verower het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'