SUID-KAAP NUUSFLITS - Die eerste somerliga van die Eden-hengel assosiasie vir 2018/2019 wat Saterdag 29 September op Buffelsbaai Rowwehoek plaasgevind het, het meer as 100 hengelaars inkatrol.
Hengelaars het reeds om 06:00 bymekaargekom, waarna die kompetisie 07:00 begin en almal 15:00 ophou hengel het.
Na die eerste kompetisie is die top drie hengelaars aangewys:
- Cornel Grundling,
- André Coetzee van Stilbaai-hengelklub en
- Pierre Juan du Plessis.
Die totale massa vis wat gedurende die kompetisie gevang is, was 305.75 kg.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'