MELKHOUTFONTEIN NUUS - Drie hutte het op Saterdag 26 Augustus in die informele nedersetting in Melkhoutfontein tot op die grond afgebrand.
Gelukkig was daar geen ernstige beserings nie en die Stilbaai-brandweer was blitsig op die toneel om te verhoed dat die vuur verder versprei.
Klaarblyklik was ‘n gasbottel die oorsaak van die brand.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’