ALBERTINIA NUUS - Drie persone is vanmiddag beseer in 'n ongeluk op die N2 buite Albertinia naby die Garden Route Game Lodge.
Die ongeluk het omstreeks 13:30 plaasgevind.
'n Bakkie wat vanaf die Kaap op die N2, rigting Mosselbaai gereis het, het met 'n voertuig wat vanaf Mosselbaai-kant gekom het, gebots.
Volgens ao Tia Badenhorst van Albertinia-polisie, is dit nog nie seker wat die oorsaak van die ongeluk was nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'