Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Elke Nagel (16) van Ladismith is die enigste persoon wat lig beseer is in twee botsings wat Saterdag 19 Oktober feitlik gelyktydig op die N2 plaasgevind het.
Sy was saam met haar ma Juanita tussen Mosselbaai en Riversdal onderweg na Ladismith toe hul dubbelkajuitbakkie om 15:15 ’n bakkie wat blykbaar besig was om ’n U-draai te maak, getref het.
Die bestuurder van die bakkie was geskok, maar ook ongedeerd.
Die insittendes van nog twee voertuie wat vyf minute later in ’n botsing by die hoofingang na Riversdal gebeur het, is ook nie beseer nie.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Kyk 'n video hieronder
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'