HEIDELBERG NUUS - Die skool het weereens met sy 14 leerders hul 100% slaagsyfer gehandhaaf.
Ses leerders het met Baccalaureus-vrystelling geslaag, ses met diplomavrystelling en die oorblywende twee het nasionale sertifikaat verwerf. Tronel Pieters was die topleerder.
"Dit is die 24ste agtereenvolgende jaar wat ons 'n 100% slaagsyfer behaal," het Johan Eigelaar, skoolhoof gesê. "Baie geluk! Ons sal beslis elkeen se loopbaan dophou."
'Ons bring jou die nuuste Heidelberg, Hessequa nuus'