Gallery
HESSEQUA NUUS - “Ons kan nie meer toelaat dat politiek van ons lelike mense maak nie. Hier is vandag ’n atmosfeer van samesein,” het Elverna Micheals by die stemlokaal in Môrestond gesê.
Haar ervaring is dat vanjaar se verkiesing baie stiller as verlede jaar is.
Baie mense het gesê dat hulle hoop vir die toekoms het en daarom het hulle vandag hul kruisies gaan trek.
Musiek speel al van vroegoggend by stemlokale, roosterkoeke word gebraai en ander eet weer stukkies hoender.
Lt.kol. Delicia Isaacs, Riversdal-polisie se stasiebevelvoerder het genoem dat almal tot dusver vreedsaam verkeer het.
Jahmiel Michaels is net vyf maande oud, maar het ook vandag ’n draai by die stemlokaal gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'