Update
VERKIESINGSNUUS - Vanjaar se verkiesing word nie gehou om 'n nuwe munisipale raad te kies nie. 'n Munisipale verkiesing waar 'n nuwe burgemeester en raad verkies sal word, vind eers weer in 2021 plaas.
Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sal jou stem in die nasionale en provinsiale verkiesing op 8 Mei help vasstel wie die land en provinsie gaan regeer.
Dit is twee afsonderlike verkiesings wat op dieselfde dag plaasvind.
Indien jy op stemdag nie in die provinsie is waar jy geregistreer is nie, kan jy slegs deelneem aan die nasionale verkiesing. Jy kan wel provinsiaal en nasionaal stem wanneer jy nie in jou tuisdorp is nie, maar wel in die provinsie is waar jy registreer is.
Wanneer jy gaan stem het jy nie nodig om 'n bewys van adres saam te neem nie. Indien jou adres verander het, kan jy dit op stemdag noem en dit sal dan verander word.
Jou adres sal gevra word indien dit nie met die vorige verkiesing of registrasie aangebring is nie. Vroue wat kunsnaels of jel op hul naels het, moet seker maak dat 'n stukkie van die natuurlike nael sigbaar is want die ink waarmee jou vinger gemerk word, moet die nael en vel verkleur.
Bejaardes of mense wat nie lank kan staan nie sal voorkeur geniet.
Blinde, dowe of persone wat nie kan lees of skryf nie, sal hulp by die stemlokaal ontvang, maar moet met aankoms aanmeld.
Die IEC bevestig dat jy nie 'n afskrif van jou ID of jou paspoort vir identifikasie op stemdag kan gebruik nie. Jy moet ook 18 jaar of ouer wees.
Lees 'n vorige artikel hier: Waarvoor jou 'kruisie' tel
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'