VERKIESINGS NUUS - Vanjaar se verkiesing is nie om ’n nuwe munisipale raad te verkies nie.
Volgens die Independent Electoral Commission (IEC), sal jou stem help om vas te stel wie die land en jou provinsie gaan regeer.
Die verkiesing op Woensdag 8 Mei is ’n nasionale en provinsiale verkiesing. Vroue wat vals naels of ‘gel’ op hul naels het, moet seker maak dat ’n klein stukkie van hul natuurlike nael wys, omdat die ink jou nael ook moet kan vlek.
Bejaardes of mense wat nie lank kan staan nie sal voorkeur gegun word. Blinde, dowe of persone wat nie kan lees of skryf nie, sal hulp by die stemlokaal ontvang, maar moet met aankoms aanmeld.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'