HESSEQUA NUUS - Vogens vanoggend (9 Mei) se uitslae op die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) se webtuiste vir die Hessequa-streek, behaal die Demokratiese Aliansie (DA) ’n meerderheidstem van 50.76%.
Die African National Congress (ANC) volg met 39.99% en die VF+ met 5.12%.
Die totale geldige stemme is 22 873 en daar was 175 ongeldige stembriewe.
Ons hou ons lesers op hoogte soos ons die uitslae ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'