HEIDELBERG NUUS - Suid-Kaap Forum se korrespondent op Heidelberg, Clive Pretorius was onder diegene wat Vrydag, 2 Julie ingeënt is.
Die inentings teen die gevreesde Covid-19-virus het verlede week vanaf Woensdag tot Vrydag glad verloop.
Ongeveer 120 senior burgers, waarvan 60 instapkliënte was, is Vrydag met die nodige entstof ingespuit. Geen ongevalle is aangemeld nie en die begunstigdes was almal tevrede met die puik diens. Die nodige protokol is tot op die letter uitgevoer.
Inwoners wie geregistreer het, maar nie vir hul inenting opgedaag het nie, is deur die kliniekpersoneel gekontak om hul afspraak na te kom.
Die meerderheid van die begunstigdes wat Vrydag behandel was, moet weer op 13 Augustus hul tweede inspuiting kry.
'n Gedeelte van die groep wat afsprake gehad het, wag hul beurt geduldig af in die Duivenhoks-gemeenskapsaal. Foto: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'