SUID-KAAP NUUS - Blouvlagstatus beteken dat strande skoon en veilig is en aan internasionale veiligheid- en toerismestandaarde voldoen.
Dit is 'n lokmiddel vir toerisme, omdat internasionale besoekers weet wat om te verwag wanneer hulle só 'n strand besoek.
Hierdie feesseisoen sal 62 blou vlae op 44 strande in Suid-Afrika wapper.
Die Blouvlag-program word deur die 'Wildlife and Environment Society of South Africa (Wessa), in vennootskap met die departement omgewingsake en toerisme gekoördineer.
'n Onafhanklike internasionale paneel is vir die evaluering en aanwysings van Blouvlagstrande aan munisipaliteite verantwoordelik wat aan die program deelneem.
Plaaslike munisipaliteite se rol is om strande aan die streng vereistes van die Blouvlagprogram te laat voldoen.
Wessa se vier hoofvereistes
- Kwaliteit van water
- Omgewings-opvoeding en inligting
- Omgewingsbestuur
- Veiligheid en diensteverskaffing
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'