Advertorial
STILBAAI SAKE-NUUS - Op 2 Oktober was dit presies 22 jaar gelede dat Victor Visagie Argitektuur sy deure in Stilbaai oopgemaak het.
Victor wil eerstens die Hemelse Vader bedank vir Sy genade die afgelope 22 jaar. Verder wil hy ook sy personeel, gesin en kliënte bedank vir hul ondersteuning.
Vanjaar is dié datum verder uitgebrei deurdat Victor Visagie ook die splinternuwe gimnasium, die Muscle & Fitness Centre (MFC), se deure vir kliënte oopgemaak het.
Die nuwe MFC-gimnasium beskik oor topgehalte toerusting en fasiliteite en is uniek deurdat ledegeld die gebruik van die klasse, fasiliteite en toerusting insluit.
Daar is fasiliteite vir fiksheid en liggaamsbou, boks, skopboks, 'Hiit', 'boot camp' vir kinders en volwassenes en Nma/Iska, terwyl 'n sauna en sonbed onder konstruksie is. Van die klasse word in samewerking met die internasionaal bekende Rico Hatting se REPS-MMA aangebied, terwyl ander klasse onder affiliasie van Paul Cave NMA-ISKA aangebied word.
Verskeie ander fiksheidsklasse word ook nog beplan terwyl die aërobiese en Tae Bo-klasse ook gedurende November 'n aanvang behoort te neem. Die gimnasium beskik ook oor sy eie gekwalifiseerde persoonlike instrukteurs wat kliënte touwys maak.
Kontrakte vir 6 en 12 maande kan uitgeneem word, terwyl maandelikse kontrakte ook beskikbaar is. Dagfooie en weekfooie is ook betaalbaar en is ideaal vir vakansiegangers en besoekers.
Van die toerusting in die MFC-gimnasium.
Besoek die MFC Stilbaai-gimnasium by Van Riebeeckstraat 8 en bespreek 'n paslike kontrak met die vriendelike en hulpvaardige personeel. Kontakbesonderhede: Besoek hul webtuiste by www.mfcgym.co.za, skakel 081 035 4173 of e-pos info@mfcgym.co.za.
Ure: Maandae tot Vrydae - 05:00 tot 21:00, Saterdae - 07:00 tot 13:00 en Sondae - 13:00 tot 17:00.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'