Advertorial
HESSEQUA SAKENUUS - Dieselfde toegewyde mense, dieselfde ongelooflike diens... net beter as tevore!
Dit is 'n plesier om Tyremart, die enigste bande en onderdele besigheidsgroep in Suid-Afrika wat deur die konsessiehouers self besit word, aan die verbruikers van Riversdal en Stilbaai voor te stel.
In 2011 het 'n aantal groot bandesentrums, wat se takke op daardie tyd meestal deel was van die tradisionele vervaardiger-beheerde konsessie besigheidsmodel, besluit om weg te breek en 'n onafhanklike groep te stig wat sou funksioneer hoofsaaklik in die belang van die se lede en die verbruiker en dit het tot die ontstaan van Tyremart gelei.
Tyremart word nie besit deur enige spesifieke bandvervaardiger of verskaffer nie. Wat Tyremart wél het, is voordelige verskaffings-ooreenkomste met alle vooraanstaande handelsname en Tyremart voer ook hul eie reeks bande in onder die Davanti handelsnaam, waaraan daar 'n eenjaar-lange padgevaar waarborg gekoppel word.
As gevolg hiervan, bied Tyremart die verbruiker iets unieks aan; dit bied die beste keuse vir elke individuele motoris. Die beskikbaarheid van die beste reeks bande en produkte lei daartoe dat die kliënt onbevooroordeelde raad en keuses kry en dus die beste oplossing vir u behoeftes. Beste bande en beste produkte teen die beste prys.
Daar kan ook geen twyfel wees dat dié benadering voordelig is vir beide handelaar en motoris. Tyremart het in September 2011 tot die Suid-Afrikaanse mark toegetree met slegs 15 takke, maar bestaan huidiglik uit meer as 110 takke landswyd.
David Vosloo het meer as 33 jaar se ondevinding in die bandebedryf, beide aan die vervaardigings kant en ook as handelaar. Sy besluit om Riversdal en Stilbaai takke na Tyremart verander is bewys van sy vertroue in hierdie konssiesehouer-beheerde, verbruikersvriendelik besigheidsmodel. David word ook hierin ondersteun deur Christie Kriek, algemene bestuurder by Riversdal, Wilfred Bosman, takbestuurder by Stilbaai en assistent-bestuurder - Riversdal en Stilbaai, Hannes Prins. Dié drie het tussen hulle meer as 52 jare se ondervinding - 22 jaar, 14 jaar en 16 jaar onderskeidelik.
Besigheid gaan voort op dieselfde persele op h/v N2 en De Jagerstraat, Riversdal en h/v Hoofweg-Wes en Ebenaeser-singel, Stilbaai maar met 'n nuwe Tyremart voorkoms.
Die kontaknommers (028 713 2214, Riversdal) en (028 754 1238, Stilbaai) bly onveranderd, asook die na-ure nommer (072 460 7359).
David het ook iets belangrik te sê gehad oor sy personeel: "Enige besigheid is net só goed soos die personeel wat dit bedryf, veral in 'n omgewing waar tegniese kundigheid en vaardigheid van uiterste belang is. Ek is dankbaar en trots op my personeel wat altyd hul beste probeer om kliënte en die gemeenskap tevrede te stel. Dit is gerusstellend om te weet dat almal opgewonde is oor die verandering na Tyremart. Baie dankie aan die gemeenskap en kliënte vir julle plaaslike ondersteuning en vertroue in ons".
Omtrent alles bly dieselfde - dieselfde vriendelike, goed-opgeleide en toegewyde personeel met ongelooflike goeie diens en tegniese vaardigheid waaraan die motoriste van Riversdal, Stilbaai en omliggende omgewings gewoond is, maar met 'n wyer reeks handelsname, meer keuses, beter pryse en die beste oplossing om aan elke individuele motoris se behoeftes te voldoen.
Besoek gerus TYREMART RIVERSDAL en TYREMART STILBAAI. "BESTE PRYSE", "BESTE PRODUKTE" en "BESTE RAAD" teen die "BESTE PRYSE".
Riversdal se personeel is van links: David Vosloo (eienaar), Henrico Prins, Cornel van der Westhuizen, André van Wyk, Hannes Prins (assistent-bestuurder), Natasha du Plessis (debiteure), Juna Conradie (krediteure), Vergil Vaaltyn, Danville Hendriks, Benjamiin Miggels en Christie Kriek (algemene bestuurder).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'