Realty1 het onlangs verhuis na die nuwe sakegebou in die dienspad van Hoofweg-Wes (nr. 168). Johan Kirsten en Estelle von Maltitz en hul vriendelike span agente spesialiseer in residensiële, sake, nywerheid en landbou eiendom. Die span doen ook verhurings (langtermyn, vakansie en oornagverblyf).
Hulle franchise- of konsessiegebied strek oor die hele Hessequa-streek en sluit dus Stilbaai, Jongensfontein, Gouritsmond, Albertinia, Riversdal, Heidelberg en Witsand in. Hulle plaasbemarking strek egter veel wyer as dit en kan feitlik in enige deel van die land plaasvind.
Realty1 se span agente is almal 'ou hande' in die bedryf met etlike dekades se eiendomsondervinding tussen hulle. By Realty1 is betroubaarheid en veral integriteit hoog op die agenda en word elke kliënt met professionele diens en respek hanteer. Hul streef daarna om kliënte ook hul vriende te maak
Realty1 is deel van Realty1 International Property Group. Realty1 IPG bemark eiendom in Suid-Afrika sedert 1961. Juis deur middel van dié nasionale groep is Realty1 Stilbaai in staat om hul kliënte se eiendom te adverteer op ten minste vier webtuistes, waaronder Property24 die gewildste is.
Kontakbesonderhede
* Besoek gerus Realty1 se nuwe kantore in Hoofweg-Wes (naby Engen Garage) of kontak hulle vir al jou eiendomsbehoeftes by 028 754 1777. E-pos property@realty1stilbaai.co.za en www.realty1stilbaai.co.za.
IN_596827205.jpg)
Van links is die vriendelike Realty1 eiendomsspan: Johan Kirsten, Johan Serfontein, Lynette Spies, Estelle von Maltitz, Malinda Smith, Christina de Jager, Wium Kitshoff en Willem Cronjé. Inlas: Die nuwe sakegebou waar Realty1 nou sake doen.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'