Advertorial
STILBAAI NUUS - Dis vandag 12 jaar gelede, 1 Julie 2010, wat die Olivier's Mass Hire in Stilbaai oorgeneem het en die besigheid gaan steeds van krag tot krag.
Chris Olivier, wat die tak in Stilbaai bestuur, en sy ouers en sakevennote, Danie en Christolien Olivier wat die depot in Riversdal bestuur, se liefde vir wat hulle doen is baie duidelik in die resultate wat hulle behaal.
Volgens Chris het hulle 12 jaar gelede begin met vier werknemers. Nou staan hulle al op agt in Stilbaai. Sy mikpunt is om die besigheid in Riversdal te groei tot 'n volwaardige tak en hy wil ook voortbou op die professionele en bekostigbare diens waarvoor hulle bekend is.
Geen projek is te groot of te klein vir Mass Hire nie en saam met hul ervare personeel doen hulle die verhuring van toerusting oor 'n wye gebied.
In die Hessequa-streek bedien hulle Stilbaai, Jongensfontein, Riversdal, Heidelberg en Albertinia, maar ook dorpe soos Ladismith, Vanwyksdorp, Barrydale en Swellendam.
Herstelwerk van gereedskap word in Stilbaai deur hulle eie werktuigkundige gedoen. Mass Hire bied 'n wye reeks toerusting, kompressors, aanleg- en kraggereedskap, asook steiers teen mededingende pryse vir die bou van huise en besighede, padwerke en konstruksie, terwyl hulle ook toerusting vir kliënte se spesiale behoeftes aankoop en aflewer.
Chris sê die gemeenskap is vir hulle baie belangrik en hulle gee borgskappe vir onder andere Seagulls-rugbyklub en Laerskool Bertie Barnard. Hulle is ook betrokke by Hoër Landbouskool Oakdale.
Voorts ondersteun hulle die plaaslike polisie in die geveg teen misdaad waar hulle kan.
Chris, Danie en Christolien bedank hulle lojale kliënte vir die getroue ondersteuning oor die afgelope 12 jaar.
Mass Hire in Stilbaai is al 12 jaar in bedryf.
Besigheidsure
- Maandae tot Donderdae van 07:00 tot 17:00.
- Vrydae van 07:00 - 16:00.
- Saterdae van 08:00 - 10:00.
• Na-ure skakel 082 327 7495.
• Kontak Mass Hire by 028 754 2804 of 082 327 7495.
• Besoek hulle by Ritbarstraat 44, Industriële gebied, Stilbaai-Oos. Die Riversdal-depot is geleë in Wardenstraat 21.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'