Die eienaar van River Breeze restaurant op Witsand, Marsanne du Toit en haar man Erik het die wonderlike geleentheid gereël en soos oom Oubaas van 7de Laan sou sê: 'Dit was uit die boonste gestoeltes!'
Die gaste is begroet met mooi gedekte tafels, heerlike skemerdrankies voor die tyd en kuier saam met vriende en kennisse.
Dit het ook natuurlik almal in 'n goeie luim geplaas vir die aand se verrigtinge. Die Kokkedore het ook vrae gevra en as jy reg geantwoord het, het jy 'n voorskoot gewen.
Die driegangmaaltyd was 'n belewenis.
Saam met elke gang is 'n storie vertel en Shawn Tomson, wynboer van Du Toitskloof wynkelder het spesiaal verskillende soorte wyne uitgekies wat saam elke maaltyd geniet kon word. Met die eerste gang was daar 'n heerlike broodjie met appelkooskonfyt botter bedien saam met 'n glasie 2014 Chardonay wit wyn.
Die tweede gang was sop met garnering van blou kaas, gekapte neut, pere in rooi wyn en 'n glasie 2013 Beaukett witwyn.
Die derde gang was heerlike beesfilet met 'n glasie 2012 Dimension rooi wyn.
En laaste was die nagereg, bestaande uit Lindt sjokolade met 'n glasie 2010 Cape Ruby Port. Na die aand se verrigtinge het almal geweet dat die Trio nog ver gaan kom - en hulle mag maar kook!
River Breeze bedank JC Slaghuis op Riversdal vir die goeie kwaliteit vleis wat deur hulle verskaf is.
Vir meer inligting oor River Breeze restaurant kan Marsanne gekontak word by 083 233 8571.
.jpg)
Van links staan Netta Fourie (Marius se voorskoot), Marius Uys, Alet Swanepoel, André Pheiffer (Alet se voorskoot), Johnny Hamman en Kera Hallermann (Johnny se voorskoot).