Advertorial
SAKENUUS - Gerald Boezak is 'n boorling en jare lange inwoner van Slangrivier. Hy is 'n familiemens en is gelukkig getroud met Annamarie, 'n gebore Heidelberger. Gerald het vier pragtige kinders; Nasrin, Gerald, Amorey en Anay.
Buiten sy gemeenskapsbetrokkenheid by veral die jeug deur rugby is hy ook entrepreneur wat sy eie konstruksiebesig-heid besit.
Komende Woensdag het die DA die kans om wyk 4 vir die eerste keer ooit te wen.
As verkose raadslid gaan hy deel vorm van die uiters dinamiese span DA-raadslede wat reeds dien in Hessequa.
Gerald se verkiesing sal ook verseker dat die DA beheerde koalisie versterk word om die goeie werk wat reeds gedoen word voort te sit en makliker deurgevoer kan word.
Sy eie prioriteite sluit in:
- Werk om te verseker dat dienste en fasiliteite beskikbaar is vir alle inwoners van wyk 4
- Sal help om werk te skep deur hande te neem en kontrakteurs aan te moedig om plaaslike werkers in diens te neem
- Sal hard werk om te verseker dat sy gemeenskap die dienste ontvang wat hulle verdien
- Sal meer plaaslike skoonmaakprojekte wil dryf.
- Sal bystand en hulpbronne van die plaaslike owerheid versoek indien daar enige probleme in sy wyk is
Gerald is nie 'n politikus nie, hy is 'n gemeenskapsmens wat hom sal beywer vir mense saam met wie hy woon, werk en omgee.
Komende Woensdag kan daar geskiedenis gemaak word en 'n duidelike boodskap gestuur word dat die ANC se tyd verby is. Nie net in wyk 4 nie, maar ook in Hessequa, die Wes-Kaap en in Suid-Afrika met die groot verkiesing om die draai.
Op die 10de April, stem vir Gerald om jou stem in die raad te wees.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'