Advertorial Gallery Video
SAKE NUUS - Chic-King-Riversdal lewer die geure van hul kombuis by jou deur af.
Met hul gratis afleweringsdiens in Riversdal, moet jy nie op jou laat wag om hul smullekker pizza, Gatsby’s, slap tjips (van vars aartappels gemaak) en hoender te proe nie.
Hul pizza deeg word van ’n geheime Italiaanse resep gemaak en, glo my, jy proe die verskil. Sitplek binne en buite die winkel maak dit gerieflik om daar te eet of vir jou kos te wag.
Marius Visser wat sedert November verlede jaar eienaar is, was nog altyd lief vir kos maak. “Ek eksperimenteer graag met verskillende geure. Mens is saans moeg gewerk, los dit vir my, laat ek vir jou kos maak. Klante se terugvoering is ook vir my baie belangrik.” Sy doel was om van tradisionele pizza weg te breek. Met unieke kombinasies en heerlike vulsels kry hy dit beslis reg.
Marius en sy vrou Belinda is baie lief vir diere en daarom is daar altyd ’n bak met water en hondekos buite die winkel.
Hulle beplan om gereeld kompetisies aan te bied en vir spesiale aanbiedinge kan mense gaan inloer.
Chic-King se deure maak reeds 09:00 van Maandae tot Saterdae oop en laaste bestellings vir die dag word 19:30 nog aanvaar. Hul Russian Gatsby is nou die top verkoper met die hoender en mayo pizza kort op sy hakke. Mense stap gereeld in om die Vissers met hul disse te komplimenteer.
Bel nou en bestel ontbyt, middag- of aandete by 028 713 1115 of besoek gerus hul winkel in Barrystraat 43.
Maureen Koeries, Mynie Abrahams, Marius, Sarie Pietersen en Belinda is gereed om jou bestelling vriendelik en professioneel te hanteer.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'