Sponsored Content
BESIGHEIDSNUUS - ‘n Sakereddings-praktisyn se vergoeding en uitgawes het die afgelope tyd ‘n groot besprekingspunt geraak. Ek gaan in hierdie artikel probeer verduidelik hoe ‘n sakereddings-praktisyn se vergoeding bepaal word gedurende die sakereddingsproses.
Aanvankilk word die vergoeding en uitgawes van die sakereddings-praktisyn ooreengekom tussen die maatskappy en die sakereddings-praktisyn, voor die aanvang van die sakereddings verrigtinge.
Die sakereddings-praktisyn is geregtig op fooie soos wat dit voorgeskryf word in die Maatskappyewet van 2008 (“die Wet”).
Artikel 143 van die Wet maak voorsiening vir die volgende:
- ‘n Junior-praktisyn (minder as 5 jaar ondervinding) is geregtig op fooie van R 1,250.00 per uur, ‘n ervare-praktisyn (meer as 5 jaar, maar minder as 10 jaar ondervinding) is geregtig fooie van R 1,500.00 per uur en ‘n senior-praktisyn (meer as 10 jaar ondervinding) is geregtig op fooie van R2,000.00 per uur. Die Wet maak ook voorsiening vir die beperking van die daaglikse fooi.
- Die sakereddings-praktisyn mag ook ‘n saak uitmaak vir addisionele vergoeding, wat gebasseer word op ‘n voorwaardelike basis. Byvoorbeeld, sou die sakereddingsplan aanvaar word of sou die sakereddingsplan aanvaar word binne ‘n sekere periode of sou ‘n spesifieke knelsaak uitgesorteer word of ‘n kombinasie van resultate rakende die sakereddingsproses, mag die sakereddings-praktisyn geregtig wees op addisionele vergoeding.
- Verder, is die sakereddings-praktisyn geregtig om betaal te word vir redelike uitgawes aangegaan, in die uitvoering van sy pligte as praktisyn.
Die ooreenkoms soos genoem, sal tipies gebasseer wees op die bogenoemde bepalings. Dit is belangrik om kennis te neem dat die ooreenkoms uiteindelik onderheuwig is aan krediteure se goedkeuring tydens ‘n krediteure vergadering. Indien die krediteure wat die meerderheid stemreg hou nie tevrede is met die ooreenkoms nie, mag hulle beswaar maak op die basis dat dit onredelik is gegewe die omstandighede. Die sakereddings-praktisyn en krediteure sal dan die verskille bespreek en besluit oor die mees gepaste ooreenkoms. Indien die dispuut nie uitgesorteer kan word nie, kan enige van die partye die hof nader.
Op hierdie stadium, gegewe wat hierbo gesê is, ontstaan die vraag hoe die sakereddings-praktisyn betaal gaan word terwyl hy/sy dienste verskaf aan ‘n maatskappy wat in finansiële nood is. Die antwoord op hierdie vraag hang af van die omstandighede en spesifiek die basis van die sakereddingsplan.
- In die algemeen wanneer die die sakereddingsplan gebasseer word op die eerste been van artikel 128(b)(iii) van die Wet, naamlik dat die sake van die besigheid van die maatskappy geherstruktereer word, om ten einde die maatskappy te laat voort bestaan op ‘n solvente basis, sal die sakereddingspraktisyn op ‘n maandelikse basis (of langer tydperk indien so ooreengekom) betaal word, vir die hoeveelheid werk gedoen. In hierdie geval, sal die sakareddings-praktisyn se vergoeding en uitgawes deel vorm van die kontantvloei vooruitskatting ingesluit by die sakereddingsplan soos voorgelê aan die krediteure.
- Wanneer die sakereddingsplan gebasseer is op die tweede been van artikel 128(b)(iii) van die Wet, wat sê dat die bates van die maatskappy verkoop gaan word om ‘n beter dividend te probeer kry vir krediteure teenoor wat hulle sou kry tydens ‘n likwidasie, sal die sakereddingspraktisyn eers betaal word uit die opbrengs van die verkope soorgelyk soos die manier waarop ‘n likwidateur betaling sal ontvang. In hierdie geval sal die sakereddings-praktisyn se vergoeding en uitgawes uiteengesit word in die realisasie en distribusie illustrasie in die sakereddingsplan soos voorgelê aan die krediteure.
Om op te som, word die sakereddings-praktisyn se vergoeding en uitgawes aanvanklik ooreengekom tussen die maatskappy en die sakereddingspraktisyn. Die ooreenkoms is egter onderheuwig aan die krediteure wat die meerderheid stemreg hou se goedkeuring. Normaalweg sal die krediteure die sakereddings-praktisyn se vergoeding as redelik en billik beskou wanneer die sakereddingsplan tot voordeel van die geaffekteerde partye uitspeel, gegewe die die spesifieke omstandighede in elke geval.
Artikel deur Enrico Acker, Likwidateur en Sakereddingspraktisyn.
Kontak: 044 601 9900 / enrico@rgprok.com / www.rauchgertenbach.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’