Dit beteken dat daar reeds ses takke in die Suid-Kaap is om te verseker dat kliënte die beste diens so gou moontlik kry.
Die ander takke is Riversdal (hoofkantoor), Heidelberg, Ladismith, Swellendam en Robertson. Mnr. Frans de Jager is die bestuurder op Albertinia en sy vrou, Hesselie, behartig die administratiewe deel, asook om kliënte behulpsaam te wees met enige navrae en pryse.
Beide het goeie ondervinding in hierdie bedryf. Volgens mnr. Paul van Jaarsveld, eienaar, het hy die leemte op Albertinia raakgesien en werk daarvan gemaak. "Nou is dit nie nodig vir kliënte om na 'n ander dorp te ry vir hul bandbehoeftes of batterye vir hul motors, vragmotors en trekkers nie," sê hy. Albertinia is ook 'n Dunlop geakkrediteerde-tak, maar bande soos onder meer Continental, Michelin, Bridgestone, Firestone en Pirelli sal ook beskikbaar wees.
Hi Way Bande is deel van 'n landwye netwerk en kan kliënte enige plek in die land tot diens wees, 24 uur per dag en sewe dae 'n week - slegs 'n oproep ver.
Kontakbesonderhede
- Albertinia - Frans en Hesselie de Jager: 028 735 2586/083 708 1855
- Riversdal - Billy Arpin: 028 713 2211/082 494 4273
- Ladismith - Sean Reynolds: 028 551 1199/082 413 2698
- Heidelberg - Jacques Snyman: 028 722 2333/082 494 4471
- Swellendam - Riaan van den Berg: 028 514 3798/082 410 4391
- Robertson - Tinus Prinsloo: 023 626 2224/082 412 0594