Advertorial
RIVERSDAL NUUS - Du Plessis Oudioloë het Vrydag 16 September 'n gemeenskapsdag vir die inwoners van Jagersbosch in Stilbaai by Die Waenhuis aangebied.
Die uitreikaksie na Stilbaai het saamgeval met die viering van Du Plessis Oudioloë se vierde bestaansjaar in Riversdal.
Hulle het ook 'n tak in Mosselbaai, maar bedien die grootste deel van Hessequa, wat dorpe soos Barrydale, Swellendam en Witsand insluit.
Die gemeenskapsdag het terselfdertyd ook saamgeval met die viering van gehoorbewustheidsmaand wat wêreldwyd in September gevier word.
Jacques du Plessis, mede-eienaar van Du Plessis Oudioloë, sê hul besluit om 'n tak in Riversdal te open was om hul diens nader aan kliënte in Hessequa te bring.
"Mense wat gehoorgestremd is moes dus óf Kaap toe reis, óf na Mosselbaai vir behandeling. Met 'n kantoor in Riversdal het ons nou die diens tot op pasiënte se voorstoep gebring."
Andrea du Plessis, mede-eienaar, het 'n interessante praatjie oor gehoorverlies aangebied waarna 'n paar gelukstrekkings gedoen is om die mense mee te bederf.
Die skoonmaak en drogingsdiens van gehoorapparaat is daarna gratis aan inwoners gedoen, gevolg deur heerlike eet- en drinkgoed.
Jacques du Plessis en Reneé Pretorius besig met die skoon-maak en drogingsdiens van gehoorapparate wat gratis gedoen is tydens die gemeenskapsdag.
Andrea du Plessis het 'n hoogs interessante praatjie oor gehoorverlies aangebied.
Inwoners van Jagersbosch luister aandagtig na die aanbieding oor oudiologie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'