Advertorial
SAKENUUS - Die afhandeling en goedkeuring van die likwidasie- en distribusierekening is sekerlik een van die belangrikste stappe in die boedelberedderingsproses. Hierdie dokument moet deur die eksekuteur opgestel word en bied 'n volledige oorsig oor die bereddering van die boedel en toon presies aan hoe elke bate en las hanteer gaan word.
Die likwidasie- en distribusierekening moet binne ses maande nadat die Eksekuteursbrief uitgereik is, by die Meester van die Hoë Hof ingedien word.
Die Meester van die Hoë Hof moet dit dan bestudeer en bepaal of dit ooreenstem met die bepalings van die oorledene se testament.
Na goedkeuring van die likwidasie- en distribusierekening, sal die Meester vir die Eksekuteur toestemming gee om ’n tweede stel advertensies te plaas waarin daar kennis gegee word aan alle betrokke partye, dat ’n afskrif van die likwidasie- en distribusierekening by die Meesterskantoor en ook die naaste Landdroskantoor in die area waar die oorledene die laaste 12 maande van sy/haar lewe gewoon het, beskikbaar gehou sal word vir publieke insae.
Die insaetydperk strek gewoonlik vir 21 dae vanaf die dag wat die advertensies in die plaaslike- en staatskoerant verskyn het.
Die likwidasie- en distribusierekening bevat gewoonlik die volgende inligting:
- Onroerende bates
- Roerende bates
- Eise ten gunste van die boedel (Gerealiseer)
- Eise ten gunste van die boedel (Nie gerealiseer nie)
- Laste
- Eise teen die boedel
- Kontantposisie / Likiditeit
- Distribusie van bates
- Kontantvloei in boedel
- Boedelbelasting addendum
Dit is uit die bogenoemde duidelik dat wanneer hierdie dokument uiteindelik volledig opgestel is, die erfgename presies kan sien wat die oorledene besit het, wat alles betaal moet word en wie presies wat uit die boedel erf.
Dit is nou die vierde stap in die boedelproses.
Kom ons loer gou vinnig weer na die skematiese voorstelling van die boedelproses sodat ons presies kan sien waar ons nou in die proses trek:
Ons fidusiêre span by BVSA Konsult het jare se ondervinding in boedelbereddering en is professioneel toegerus om u te help met enige aangeleenthede wat daarmee verband hou. vir enige boedelkwotasies of verdere inligting oor die bogenoemde, kontak asseblief enige van ons fidusiêre/finansiële praktisysn/adviseurs vir kundige advies.
Reghardt Draper FPSA®
Adv Dip ETA (UFS), LLB, LLM (NWU), PG Dip FP
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'