RIVERSDAL NUUS - Die sluimerende Riversdal het skielik ontwaak en in die strate is daar skielik nuwe energie te bespeur.
En dit het alles te make met die Riversdal-landbougenootskap se 155ste skou wat vandag (Woensdag 14 Februarie) begin.
Die eerse item op die program is om 14:00 met die handklasse vir perde in die arena. Dit word om 15:00 gevolg met die perdespring, ook in die arena.
Om 17:00 volg die groot Groetmekaar met die skoupresident, Pieter van Wyk, wat die genooide gaste gaan toespreek.
Die toegangsfooi vir volwassenees is R20 en R10 vir kinders.
Maar van Donderdag af tot Saterdag gooi dié jaarlikse hoogtepunt sy deure oop vir inwoners en besoekers met 'n volgepakte program wat oud en jonk sal vermaak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’