RIVERSDAL NUUS - Slaglam kompetisie. Dit bestaan uit verskeie afdelings soos hieronder beskryf word.
Ons begin Woensdagoggend 08:00 met Die Merino kompetisie en net daarna volg die Vleisrasafdeling.
Dit bestaan uit 'n groep van drie op die hoef en 'n enkel kampioenslaglam op die hoef.
Hierna word die lammers geslag en neem deel aan 'n karkaskompetisie. 'n Amptenaar van SAMIC versamel verskeie inligting en voer dit in 'n rekenaarprogram wat dan die wenners van die kompetisie bepaal.
Die drie wenners word Vrydagaand om 19:00 voor die hoofarena aan die publiek op 'n veiling aangebied.
Die inkomste van die kampioenslaglam aan die haak word deur die eienaar aan Huis Wallace Anderson geskenk.
Veldmerino kampioenskap
Vanjaar bied ons die nasionale kompetisie, genaamd die Merino Classics wat deur Merino SA hanteer word, aan.
Elke klas in die afdeling is 'n kampioenskap en word aan elkeen 'n prys oorhandig deur verskeie borge en foto's word van elkeen geneem.
Die kompetisie begin Donderdagoggend 15 Februarie om 08:00 tot Vrydagmiddag 16 Februarie by die skaapafdeling, waar ons ook heeldag lekker braaivleis, skaapkoppe en ander verversings te koop aanbied.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'