Die engele het oor hulle gewaak; twee bo hul koppe, twee by hul voete, weerskante en agter en voor oor elke liggaamsdeel is die twee kinders beskerm. ‘n Vrouekoor het Donderdagaand 1 September in Huis Stilbaai se saal met hierdie engellied die lente ingesing.
"Die meerstemmige koor het, onder begeleiding van Bettie Niehaus, pragtige harmonieë geskep. Van gewyde liedere tot ligte klassiek het gesorg vir ‘n aand van vertroude musiek. Dit is ‘n jaarlikse instelling van ‘n besondere Bettie en haar talentvolle koor het die gehoor met verwondering gevul. Ons besef nie altyd hoeveel toewyding en beplanning so ‘n aand voorafgaan nie, maar dit was puik," het Thea Scheepers gesê.