STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Sangers gaan op Vrydagaand 9 Desember pragtige Kersmusiek vir jonk en oud aanbied.
Die Disa-vrouekoor, die Seisoene Sangers, 'n gemengde sanggroep en die Stilbaai-mannekoor sal saam met uitstekende soliste en instrumentaliste optree.
Kom geniet die aand in die Baptiste Kerk aan die oostekant (die ou NG kerksaal) waar die uitvoering om 19:00 begin.
Toegang is gratis, maar donasies is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'