HEIDELBERG NUUS - Alle paaie lei na Heidelberg se jaarlikse Groot Pampoenfees wat Vrydag 31 Maart begin en tot Saterdagaand, 1 April duur. 'n Fees om te sien wie hierdie jaar as pampoenkampioen gekroon gaan word.
Dié fees is reeds 'n gewilde kalender-geleentheid in die Hessequa-streek, wat plaasvind by die skilderagtige plattelandse dorpie se gholfklub.
Daar is groot pryse op die spel waar die grootste pampoen R17 500 wen en indien die Suid-Afrikaanse rekord gebreek word, sal die wenner met R50 000 wegstap.
Besoekers vanuit die Tuinroete en Kaap word verwag om saam fees te vier met verskeie bekende musiekkunstenaars soos Kenny Hughes Trio, Ettienne Steyn, Wynand Barnard, Amoré, Riaan Benade, Gert Zandberg, Hugo Nieuwoudt, Burger le Roux en Steve Hofmeyr wat tydens die fees gaan optree.
Saterdagmiddag begin die kompetisie om die grootste pampoen aan te wys met die inweeg van die knewels om 16:00 en teen 18:00 sal die kampioenpampoen gekroon word.
Natuurlik sal daar verskeie kosstalletjies wees met vermaak vir kinders en 'n biertent met musiek. Gaan maak gerus 'n draai en geniet die geselligheid.
Wenner van 2022 se Groot Pamoenfees, Willem le Grange wat die skaal laat kreun het met 'n allemintige 904.5kg pampoen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’