Sonder twyfel is een van die hoogtepunte van die 2015 Diasfees die besoekende, internasionaal befaamde kunsgeselskap van China, Zhejianf Opera Wu, wat met hul draakdanse en akrobatiese toertjies die gehoor na hul asems sal laat snak. Die kunsgeselskap sal vergesel word van die Chinese Konsul-generaal wat met sy afvaardiging ook die fees sal beleef.