STILBAAI NUUS - As jy 'n verskil wil maak in Juliemaand 2024 in Stilbaai hoef jy nie ver te kyk nie.
Huis Stilbaai maak versorgingspakkies bymekaar om die waardigheid van die benadeeldes in die gemeenskap te herstel.
Seep, sjampoe, tandepasta, hande- en lyfroom, sopmengsel, soppoeier, geblikte goedere, rys, noedels en meel is van die talle goedere wat jy by Huis Stilbaai kan aflewer.
Die kontakpersoon is Lara en haar nommer is 028 754 1560.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’