STILBAAI NUUS - Die skool het vanjaar twee spanne gehad wat aan die jaarlikse galjoenderby op 11 Augustus deelgeneem het.
Die hoof, Nicky Deetlefs, is óók 'n kranige hengelaar en het in die Underdog-span deelgeneem, terwyl die onderwysers Shane Pratt, Danie Cronjé en Hanro Liebenberg as hulp tydens die kompetisie bedrywig was.
Die spanne se hemde vir dié geleentheid is deur Target Truck en Salvage Interbilt geborg.
Van links is Shane Pratt, Danie Cronje, Nicky Deetlefs en Hanro Liebenberg.
Die twee spanne is agter, van links: Kai Pratt, Amber Vorster, Sasha-Mari Grobler, Chris van Zyl (afrigter), Danielle Coetzee, Carl Muller en Xandré Coetzee. Voor is Johandré van der Linde, Kean Enslin, Keira Malan, Cornel Rautenbach, Schalk Fouché en Celena van Zyl.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'