ALBERTINIA RUGBY NUUS - Die vlagskip van die plaaslike rugbyspan, Rangers, het Saterdag 11 Mei met uitstekende spel op hul tuisveld 'n welverdiende oorwinning oor Vanwyksdorp met 58-12 behaal.
Rangers het die krane behoorlik in alle fasette van die spel oopgedraai en die besoekers moes verdedig vir al wat hul werd is.
Die tuisspan se 10 drieë is deur Lenesteoy Tarentaal (2), Chalton Pietersen (1), Jonathan Matiso (2), Keanon Tarentaal (3), Rejovaan Fortuin (1) en die reserwe, Alvin Kiwiet (1) aangeteken. Tarentaal verdoel vier daarvan. Hy word ook as speler van die wedstryd aangewys.
Die B-span slaag ook met 'n pragtige oorwinning van 56-5, waaronder agt drieë.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'