Stilbaai Nuus - Uniondale se A-span het Saterdag 30 Mei vroeg beheer van die wedstryd geneem en was teen rustyd reeds 20 - 0 voor teen Seagulls van Melkhoutfontein.
Seagulls het in die tweede helfte meer veggees getoon en die agterstand verklein, maar Uniondale het die oorhand behou om die wedstryd met 27 - 14 te wen.
In die B-span kragmeting was daar min punte, met slegs een drie wat aangeteken is. Seagulls, wat rustyd met 5 - 0 voorgeloop het, het vasgebyt om 'n naelbytsege van 5 - 0 te behaal.
Seagulls se volgende uitdaging wag op Saterdag 6 Junie wanneer hulle Oudtshoorn op laasgenoemde se tuisveld aandurf. Die span keer daarna terug na Melkhoutfontein vir 'n ontmoeting met Knysna die volgende Saterdag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’