STILBAAI NUUS - Saterdag 28 Februarie pak Seagulls vir Arrows-rugbyklub in 'n herontmoeting in Melkhoutfontein.
Arrows sal wil vergoed vir verlede Saterdag se verloor in Slangrivier en Seagulls sal op hulle beste moet wees.
Dit is ook Seagulls se laaste vriendskaplike wedstryd op tuisbodem en hulle sal vir die toeskouers wil wys dat hulle gereed is vir die ligaverpligtinge wat op 14 Maart 'n aanvang neem. Hulle sal vir oulaas gereedmaak wanneer hulle Happy Hearts in 'n wegwedstryd op 7 Maart takel.
Happy Hearts kom weer Melkhoutfontein toe op 14 Maart vir die eerste ligawedstryd van die seisoen.
Die klub doen 'n beroep op die ondersteuners om in hulle massas op te daag, want dit is wanneer die spelers op hulle beste is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’