STILBAAI NUUS - Saterdag 20 April wil Seagulls Rugbyklub die pawiljoene by die Melkhoutfontein Sportgronde van hoek tot kant vul met entoesiastiese toeskouers.
Knysna United kom vat hulle hier in hulle agterplaas aan en nadat hulle verlede naweek afgelê het is die manne van Seagulls uitgehonger vir die wedstryd.
Seagulls speel vanjaar kookwater rugby en die Stilbaaiers kan gerus 'n draai maak Saterdagmiddag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’