STILBAAI NUUS - Seagulls Rugbyklub van Melkhoutfontein is alreeds hard aan die oefen en hulle vriendskaplike voorseisoen wedstryde gaan hulle behoorlik toets.
Hulle begin met 'n tuiswedstryd teen Riversdal Blues op 1 Februarie 2025 en daarna ontvang hulle Blue Birds van Bonnievale op 8 Februarie.
Napier kom speel in Melkhoutfontein Saterdag 15 Februarie en Bellville Rugbyklub kom Melkhoutfontein toe op 1 Maart.
Wegwedstryde is gereël teen Barbarians van Mosselbaai op 22 Februarie en Riversdal Blues op 8 Maart.
Na 'n uitstekende 2024 seisoen is dit belangrik dat die ondersteuners hulle moet dra hierdie jaar, want hulle speel in 'n hoër liga met groter eise en het elkeen nodig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’